Hartlik

Welkom

by ons Geloofsgemeenskap
vir Suid-Afrikaners
in Nieu-Seeland

Ons Visie/Missie

Om as God se kinders ‘n geestelike tuiste vir Afrikaanssprekendes te skep…

Jaarbeplanning 2025

Loer wat die gesamentlike kerk sover beplan het vir 2025

Hulpbronne

Hulpbronne vir die gemeente en almal. Bybelstudies, preke, sagteware, ens.

Hallo & Welkom

by on gemeenskap van liefde vir God en vir mekaar

Die ACK van NS is ʼn onafhanklike denominasie wat in NS ontstaan (1998) het weens ʼn behoefte onder ʼn groep Suid-Afrikaners aan ʼn geestelike bediening in Afrikaans. Intussen het die ACK gegroei tot 10 onafhanklike gemeentes en ʼn aantal bedieningspunte. Elke gemeente het ʼn unieke karakter wat voortspruit uit die samestelling van mense wat die Here daar plaas. Die lidmate kom uit ʼn wye verskeidenheid denominasies in Suid-Afrika. Dit beteken dus dat dit vir almal ʼn nuwe ervaring is van kerk-wees. Dit is wonderlik bevrydend en verrykend, want ons leer by mekaar en leer ook om mekaar se verskillende maniere van aanbidding te akkommodeer en te aanvaar. Dit is ʼn wonderlike geleentheid om verby die (menslike) verskille en geskille te kyk en die eenheid van gelowiges in Jesus Christus te beleef. Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God ons geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal (Efesiërs 4:4-6).

God se liefde vir jou

God het Sy hart vir ons oopgemaak in Christus
en roep ons om ons harte oop te maak vir Hom,
teenoor mekaar en na die wêreld.

Kerk daar waar jy is…